Filed under: Episode
Ek moes gisteroggend vir Michelle by die skool gaan aflaai. Ek kon nie help om op te let hoeveel van die tieners, tussen die ouderdom van 13 en 18 is oorgewig nie. Ek het oor my oog gevryf en tot my verbasing ‘n balk daarin gekry.
Nadia lyk elke duim na ‘n kunstenaar. Lank en skraal. Selfs ongesond maer. Van kleins af het sy soos ‘n voëltjie gepik. Michelle aan die anderkant boer in haar kamer. Om eerlik te wees, ek weet nie wat sy eet nie. Dit kan nie te gesond wees nie, as ek so na die bene kyk wat onder die rok uitsteek nie. Sy kort ook beslis meer oefening.
Ek het haar later daaroor aangespreek. Ek het die enigste gim in die omgewing en my kind is dik. Glad nie goeie bemarking nie. Daar moet plan gemaak word en gou ook. Van nou af sal ek besluit wat sy eet en die hoeveelheid wat sy eet. Ingrid moet vir haar ‘n oefenprogram uitwerk en daar sal moeilikheid wees as sy nie daarby bly nie. Ek sal nou nie sê dat sy gelukkig met die nuwe reëling is nie.
Sy weier op die oomblik om te eet. Ek het vanoggend probeer om haar te motiveer, ek was dalk gisteraand te kras. Sy het haar bord stukkend op die vloer gegooi en haarself in haar kamer toegesluit. Bertus moes haar omtrent smeek om haar skool toe te neem.
Ek is jammer, in my huis word sulke gedrag nie goed gekeur nie. Sy beter haarself regruk.
Word vervolg
7 Kommentaar sover
Lewer kommentaar
Or else? Jammer, maar tieners is op die beste maar moeilik, en in julle disfunksionele huishouding kan jy sulke goed maar verwag. Is jy ooit lief vir die kind? Jy praat oor jou kinders soos jy oor meubelstukke sou praat wat bietjie polish nodig het.
Comment deur boendoe September 8, 2008 @ 9:35 vmBoendoe
Vra jy nou nie ding waaroor ek wonder. . .
Lorna, jy dryf jou kind te hard.
Comment deur Adrie September 8, 2008 @ 10:31 vmOuch. Kinders op dai ouderdom is baie sensitief oor gewig. Hulle het ondersteuning nodig nie n ultematum nie. Dit is reeds moeilik genug om n tiener te wees. Give them a break and a hug?
Comment deur semisoet September 8, 2008 @ 1:02 nmMiskien ‘n bietjie sagter “approach”. Tieners is sensitief – miskien haar bietjie neem na jou gim??
Comment deur carina September 8, 2008 @ 8:33 nm@Boendoe
Comment deur Lorna September 9, 2008 @ 9:15 vmJy vra ‘n vraag wat ek nie myself wil vra nie. Ek wens ek kan Michelle in ‘n koshuis stop en vakansies wegstuur.
Hartseer ….
Comment deur Paula September 10, 2008 @ 11:39 vmEk is self n tiener wat effe oorgewig is.Dis nie as gevolg van teveel eet nie maar min oefening en emosielonele probleeme.Dit gaan nie altyd oor lui wees nie maar ook oor selfbeeld. Dalk is daar dieper dinge wat aan gaan .Ons praat nie altyd oor dinge wat pla nie en dis verkeerd.Moet ook nie haar in n blik druk om iets te doen wat sy nie wil nie.
maar soos hulle se wat weet ons tieners van vandag…..
Comment deur Squiggy Maart 24, 2010 @ 9:46 vm